Heléne Lombard: Van TV-feeks tot 'Boerediva'

Heléne Lombard: Van TV-feeks tot 'Boerediva'

'7de Laan' se 'Sandra Sutterheim' is terug op die kassie, die keer as 'n diva. 

Helene Lombard
Jacaranda FM

Jy ken haar dalk as die voormalige '7de Laan'-aktrise wat die rol van 'Sandra Stutterheim' vertolk het. Ná ses jaar keer Heléne Lombard terug na die kassie as die 'Boerediva'.

LEES: Frank Opperman gesels oor nuwe reeks, 'Nêrens, Noord-Kaap'

Op die hakke van ’n verwoestende pandemie, besluit Heléne Lombard dis tyd om te vier! 

In elke episode nooi sy kykers in haar huis in vir klein bederwe en groot vieringe: van kosmaak tot doen-dit-self-projekte. 

LEES: FOTO’S: kykNET se 'Arendsvlei' vier 500 episodes!

Ons sien ook familie en vriende wat saam help skep. 

Lombard het met die Scenic Drive-span gesels oor haar nuwe program. 

"Die program word in my huis geskiet. Dit is 'n lekker en gemaklike program. Ek kook in my huis met vriende en familie."

Kykers kan vanaf 2 September op Donderdae om 17:00 inskakel vir 'Boerediva'. 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Verskaf/ VIA

Show's Stories