Irma de Klerk: Huisgenoot se nuwe troostante

Irma de Klerk: Huisgenoot se nuwe troostante

'Vir Die Voëls' se Irma de Klerk is aangewys as Huisgenoot se nuwe troostante. 

Irma de Klerk
Jacaranda

'Vir Die Voëls' is 'n Afrikaanse-fliek wat die liefdesverhaal volg van Irma en Sampie de Klerk - twee dood gewone Suid-Afrikaners. 

LEES: Vonkelvrou Lizz Meiring bring ‘Die Weduwee se Sjampanje’ na Pretoria

Hul liefdesverhaal is in 'n fliek omskep en die hoofkarakters was Simoné Pretorius en Francois Jacobs

Sampie het in 2019 aan 'n hartaanval gesterf en sou daardie jaar op Oukersaand hul 36ste huweliksherdenking vier.

LEES: 'Die Hof'-oomblik laat duisende skaterlag

Na die skieklike afsterwe van haar geliefde Sampie, het Irma besluit dit is tyd om ander te troos en raad te gee. 

Irma is aangewys as Huisgenoot se splinternuwe troostante. 

"Die soet én sleg - ek het die lewenservaring.

"Ek is 'n straight shooter, maar ek het simpatie en empatie. Ek behandel elke leser se brief met respek." 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Jacaranda FM

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories