KYK: 'Kaalgat Karel' is die humoristiese verhaal van ’n dertigjarige kaalnaeler

KYK: 'Kaalgat Karel' is die humoristiese verhaal van ’n dertigjarige kaalnaeler

Francois Jacobs en Siv Ngesi het oor die fliek, 'Kaalgat Karel' gesels.

Kaalgat Karel
Verskaf/ Siv Ngesi, Eden Classens, Tracey-Lee Oliver, Christia Visser, Francois Jacobs & Schalk Bezuidenhout

'Kaalgat Karel' is die humoristiese verhaal van 'Karel Venter' (Francois Jacobs), - ’n dertigjarige kaalnaeler wat die ongewensde aandag wat sy aksies by sportgeleenthede kry geniet! 

LEES: Marion Holm maak verskyning in gewilde sepie

Hy raak halsoorkop verlief op die paramedikus, 'Rita' (Christia Visser) wat hom red nadat ’n kaalnaelsessie skeefloop, maar daar is een probleem; sy is ’n ernstige en pligsgetroue enkelma wat geen belangstelling het in sy bedrywighede nie.

LEES: LUISTER: Patricia Lewis is terug met nuwe liedjie na 11-jaar

Buiten vir uitstaande kinematografie deur Bert Haitsma, ’n indrukwekkende klankbaan deur Loki Rothman, en ’n tong-in-die-kies-temalied deur Jack Parow - 'Altyd Op Vakansie' - spog die fliek ook met ’n sterbelaaide rolverdeling.

LEES: Nataniël en Emsie Schoeman deel COVID-19-etiket

Schalk Bezuidenhout is te sien as Karel se vriend en kamermaat 'Flip'; Siv Ngesi as 'Vuyo', Karel se kaalnael-teenstander; Tracey-Lee Oliver as 'Rita' se kollega, Rosebelle Clasen as 'Rita' se dogter, Bella en Eden Classens as die glansryke plastiese chirurg, 'Jean-Pierre du Toit'.

Kyk na die amptelike lokprent hieronder: 


Hierdie rolprent, wat vanaf 24 September 2021 in plaaslike bioskope te sien is, beloof om kykers te laat skaterlag, maar ook diep te raak met die ernstige onderliggende boodskap en persoonlike oorwinnings, wat sal aanklank vind by oud en jonk.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Verskaf

Show's Stories