OPVOLG: Springbok Koeksisters in Pretoria het wéér krag!

OPVOLG: Springbok Koeksisters in Pretoria het wéér krag!

Nadat die 48-jarige Izelle Uys, noodgedwonge die gewilde koeksister-bakkery se deure moes sluit, kom `n barmhartige samaritaan tot haar reddding. 

Springbok Koeksister
Jacaranda FM

Die kniemasjien van een van die mees gewildste bakerye in Pretoria-Wes, is tot stilstand gedwing. Izelle Uys wie die bestuurder  van Springbok Koeksisters is en in Julie verlede jaar die bestuur oorgeneem het, glo stellig dat sy 'n oplossing vir haar problem sal vind.

LEES: '7de laan'-akteur André Lötter gesels oor sy nuwe avontuur

Die elektrisiteit is op 5 Mei afgesit omdat die rekening aan Tshwane-metro meer as R500 000 was. Uys vertel dat sy in Maart bewus geword het van die krag-probleem, maar dit was juis te laat. Sy het serdertdien, probeer om met die metro 'n ooreenkoms aan te gaan, sonder enige sukses.

LEES: 'Binnelanders'-akteur Hykie Berg word pa op 44

Uys is van mening dat hulle dalk in verkeerde krag-drumpel is. Sy het die familieonderneming by haar ma oorgeneem. “Dit breek my hart. Ek wil net koeksisters bak. Ons resep sal jy nêrens kry nie." 

 DA se Alderman Peter Sutton , raadslid van wyk 78  van die stad Tswhane,  het `n plan van stapel gestuur om te sien waar hulle hulp kan verleen aangaande die krag-probleem.  Sutton het beloof om die krag so gou as moontlik aan te sit. 

Luister na die emosionele oomblik hieronder: 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af:

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Foto: Jacaranda FM

Show's Stories