KYK: 'Binnelanders'-akteur Hykie Berg word pa op 44

KYK: 'Binnelanders'-akteur Hykie Berg word pa op 44

'Dr.Conrad Bester' van 'Binnelanders' verruil binnekort sy termometer met doeke.

Hykie Berg
Instagram / Hykie Berg

Hykie Berg is 'n gesoute akteur en beslis geen vreemdeling op die Suid-Afrikaanse kleinskerms nie. 

Hy het in 2000 sy televisiedebuut in die gewilde jeugreeks 'The Res' gemaak en in 2004 het hy die rol van 'Darius du Buisson' in die televisiereeks 'Egoli: Place of Gold' vertolk.

LEES: “Dit was lekker, maar nou is dit klaar” - Rian van Heerden

Benewens sy ongelooflike akteurwerk, het Hykie in 2018 'n skrywer geword waar hy die boek 'Hykie Berg: Ultimate Survivor' gepubliseer het. Die boek handel oor sy dwelmverslaafde lewe en byna dood op sy hoogtepunt in toneelspelloopbaan, waar hy uiteindelik daarin slaag om te rehabiliteer en die sukses te behaal ná die tyd.

LEES: Nog 'n 'Boer Soek 'n Vrou'-paartjie verwag 'n pienkvoet

Hykie het saam met sy egmaat Gerridene, met wie in 2020 getroud is, die opwindende nuus van ouers-word aan al drie hul hondekinders gebreek. Hy skerts komies, “Ons het al drie die kinders bymekaar geroep, hulle netjies aangetrek, want ons moet die nuus breek. Dis 'n sensitiewe saak”. 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer Op Jacaranda FM


Foto: Instagram

Show's Stories