Nog 'n 'Boer Soek 'n Vrou'-paartjie verwag 'n pienkvoet

Nog 'n 'Boer Soek 'n Vrou'-paartjie verwag 'n pienkvoet

Alhoewel hulle dalk kykers verras het toe hulle aanvanklik hul verhouding aangekondig het, kon aanhangers van die televisiereeks nie gelukkiger wees vir die toekomstige ouers nie.

Hennie Lötter Boer Soek 'n Vrou
Instagram/ Hennie Lötter

Die deelnemers van 'Boer Soek ’n Vrou' bewys beslis dat die werklikheidstelevisieprogram tot liefde en ’n gelukkige lewe kan lei Hennie Lötter, wat een van die deelnemers aan seisoen 9 van die gewilde kykNET-werklikheidstelevisieprogram 'Boer Soek ’n Vrou' was, het sosiale media ingespan om die blye nuus te deel dat hy binnekort pa word.

LEES: Voormalige '7de Laan'-aktrise groet vir eers toneelspel


Hennie se vrou Jacobu het aanvanklik in 2016 die realiteitstelevisiereeks betree nadat sy ’n brief aan ’n ander boer, Arno, geskryf het. Maar, tot kykers se ontsteltenis, het die paartjie aan die einde van die seisoen aangekondig dat hulle vorentoe net vriende sal wees. Wat hulle egter nie geweet het nie, was dat Hennie en Jacobu se liefde reeds in die geheim agter die skerms geblom het.

'n Paar maande nadat seisoen 9 afgehandel is, het Hennie sosiale media aankondig dat hy en Jacobu in 'n verhouding is.

LEES: Willem Botha se jongste avonture

Hennie het besluit om op te hou boer en die pasgetroude paartjie het in Desember 2018 na Stilbaai verhuis waar Hennie nou 'n eiendomsagent is. 

Die egpaar het die blye nuus van hul swangerskap aangekondig met ’n fotosessie op die strand van dié stil klein Wes-Kaapse vakansiedorpie.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

Foto: Instagram/ Hennie Lötter

Show's Stories