KYK: Willem Botha se jongste avonture

KYK: Willem Botha se jongste avonture

Sy skoonheidshandelsmerk Willem Botha Beauty het die land laat gons en nou laat Willem Botha almal gons oor sy jongste reiservarings.

Willem Botha
Instagram/ Willem Botha

Willem Botha is geen vreemdeling nie en vir menigde is hy so eie aan die Suid-Afrikaansemusiek-bedryf soos biltong in Suid-Afrika.  

LEES: 'Getroud Met Rugby'-ster Arno Greeff is verloof

Botha is 'n Suid-Afrikaanse sanger, akteur en musiekvervaardiger van Riversdal, Wes-Kaap. Hy was die naaswenner van die Afrikaanse 'Idols'-werklikheidsmusiekprogram en neem hoofsaaklik Afrikaanse-liedjies op.

LEES: Sanger Bobby van Jaarsveld deel van 'Spoorloos: Die Eiland'-reeks

Nou reis hy vir drie weke in die buiteland met die hoop om sy skoonheidshandelsmerk nog verder te neem. Hy is bekend vir sy foutlose grimering, hare en fotografie op verskeie tydskrifvoorblaaie, en vergesel nou Mev Globe Africa Gretha Garnett op haar spogavonture.

LEES: Aktrise Anel Alexander weer terug by die huis

"Ek is Amerika toe. Wat 'n mal paar maande. Van my grootste drome het waar geword. En vanaand vlieg ek vir drie weke Amerika toe om Willem Botha Beauty nog verder te neem," het hy sowat ’n week gelede op Instagram geskryf.  

LEES: Sanger Demi Lee Moore deel opwindende trourok-nuus

Hy het voort gegaan en op Willem Botha Beauty se Instagram-blad geskryf:  "Dit is so 'n eer om Willem Botha Beauty na die Verenigde State te neem en Gretha se grimering vir die hele week se kompetisie te doen".

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Foto: Instagram/ Willem Botha

Show's Stories