KYK: 'Getroud Met Rugby’-ster Arno Greeff is verloof

KYK: 'Getroud Met Rugby'-ster Arno Greeff is verloof

Die 27-jarige akteur Arno Greeff beklee prominente rol van lewensmaat.

Arno Greeff
Arno Greeff/ Instagram

Arno Greeff is 'n Suid-Afrikaanse akteur. Op televisie is hy bekend vir sy rolle in ‘Getroud Met Rugby’, die Netflix-reeks 'Blood & Water', seisoen 2 van 'Legacy' en 'Recipes for Love and Murder'.

KYK: 'Boer Soek 'n Vrou' topboer Tyson Zunckel is verloof

Op die gewilde Netflix-reeks vertolk Greef die rol van Chris Ackerman, `n bedorwepanseksueel. Wie se ouers skatryk is en alewig besig is om die wêreld plat te reis. In die werklikheid is dit die teenoorgestelde van wie Arno Greeff is, hy soek standvastigheid en is in `n ekskusiewe verhouding met die beeldskone IIuksa Nagy, van die afgelope twee jaar.

Arno het soos wat dit `n ware heer betaam, op een kniee gegaan en Iluska gevra om sy lewensmaat te wees in Mooikrans lokaal en tuine, Pretoria. Nadat haar antwoord ja was, het 'n opgewonde Greeff `n bottel sjampane geopen terwyl 'n ekstatiese Nagy op en af van vreugde gespring het.

LEES: Sanger Bobby van Jaarsveld deel van 'Spoorloos: Die Eiland'-reeks

“Het daarvan gehou. Sit `n ring daarop”, het die opskryf van Greeff se Instagram-plasing gelui. Sy verloofde llukska, het ook op Instagram gedeel hoe lief sy hom het, en geskryf, “Die maklikste “ja’’ wat ek ooit wat ek gesê het.” Baie van Arno se kollegas in die vermaaklikheidsbedryf het na die kommentaarafdeling gestroom hom die veelsydige akteur gelukwense toe te wens.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

Foto: Instagram/ Arno Greeff

Show's Stories