KYK: 'Boer Soek 'n Vrou' topboer Tyson Zunckel is verloof
Updated | By Scenic Drive With Rian
Seisoen 14 van ‘Boer Soek ’n Vrou’ het opgelewer, met die seisoen se topboer wat verloof geraak het.
"Sy het ja gesê!" het die onderskrif van die boer Tyson Zunckel gelui en was vergesel met 'n nabyskoot van 'n verloofring op Instagram.
LEES: RESEP: Armand Aucamp se gewilde wortelkoek-fudge
Tyson Zunckel, die KwaZulu-Natalse-boer wat die meeste briewe in die afgelope 'Boer Soek ’n Vrou'-seisoen ontvang het, het Sondag op een knie gegaan en sy pasmaat, Alri Vorster, gevra om sy vrou te wees.
'Boer Soek `n Vrou' is ’n werklikheidsreeks wat boere in hul soektog na liefde volg.
LEES: Armand Aucamp gesels oor sy 'dating-app' Koer!
Op die foto's lyk die paartjie heeltemal smoorverlief. Alri, duidelik ook stomgeslaan, het 'n soortgelyke foto op haar Instagram-platform gedeel met die onderskrif van bloot die datum: "22-05-2022".
Daarbenewens, het sy ook 'n video van die belangrike geleentheid gedeel en gesê: "Wat 'n spesiale dag".
Menigde gelukwensings het ingestroom, asook die mede 'Boer Soek ’n Vrou'-deelnemer, Esmerélda van Wyk.
LEES: Sangeres van Krugersdorp sing weer na lyding
Sy het kommentaar op die plasing gelewer en gesê: "Baie geluk! Ek is opgewonde saam met jou".
Die 10de Mei het Alri 'n video van haarself wat die aanvanklike brief wat sy aan Tyson geskryf het geplaas. In die brief het sy geskryf dat sy iets spontaan soek, waar dit nie moeite sal wees om die verhouding te laat werk nie.
LEES: Tarryn Lamb en Pieter Koen gee enkelsnit nuwe lewe
Alhoewel Tyson aanvanklik vasbeslote daaroor was dat die program, 'Boer Soek 'n Vrou' net 'n platform is om hom te help om 'n vriendskap te vind wat in iets meer kan verander, het Tyson Zunckel en Arli Vorster uiteindelik die reünie as 'n paartjie bygewoon. Sedertdien gaan hulle uitsluitlik uit en maak die beste uit elke oomblik wat hulle saam kon deurbring.
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Volg ons op sosiale media:
Foto: Instagram/ Tyson Zunckel
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
The new tiny vehicle trend taking SA by storm
Any moment can become a viral moment with South Africans’ sense of humour.
The Drive with Rob & Roz 2 days, 2 hours ago -
Minister sê vir man op krukke: "Jou ma se p**s"
Die tipe goed wat jy net in Suid-Afrika sal sien…
Breakfast with Martin Bester 2 days, 13 hours ago