Sanger Bobby van Jaarsveld deel van 'Spoorloos: Die Eiland'-reeks

Sanger Bobby van Jaarsveld deel van 'Spoorloos: Die Eiland'-reeks

Soos met die vorige 'Spoorloos'-seisoene, gaan die vierde seisoen van dié kykNET-dramareeks, getiteld 'Spoorloos: Die Eiland', kykers vasgenael hou met drama, intrige en raaisels.

Bobby van jaarsveld
Bobby van Jaarsveld on set of The Voice SA season 2

Nog groot nuus is dat die sanger en akteur Bobby van Jaarsveld deel van die rolverdeling is.

Die eerste van agt episodes word op Dinsdag 19 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai en sal ook op DStv Catch Up beskikbaar wees.

LEES: Aktrise Anel Alexander weer terug by die huis 

Soos met die vorige seisoene, is 'Spoorloos: Die Eiland' ’n losstaande spanningsverhaal met nuwe karakters en ’n nuwe storielyn. In die jongste seisoen word ’n avontuurlustige argitek, Stefan Claassen, se lewe in chaos gedompel wanneer 'n toevallige ontmoeting met sy lang verlore liefde nie net sy gevoelens vir haar opnuut laat opvlam nie, maar hom in 'n web van bedrog intrek wanneer sy vermis raak.

 LEES: Sanger Demi Lee Moore deel opwindende trourok-nuus

Bobby vertolk die rol van 'Stefan'. Kykers sal hom onthou vir flieks soos 'As Jy Sing' en 'Liefling'. Hy het ook in die kykNET-komedie 'Mense Mense' gespeel en het as beoordelaar in 'The Voice' opgetree, maar hierdie is sy eerste rol in ‘n TV-drama. Die res van die rolverdeling sal binnekort bekend gemaak word.

“Ek is so ongelooflik opgewonde hieroor. Dis die eerste keer dat ek so ’n ernstige rol vertolk,” sê Bobby. “Dis vir my ’n groot voorreg om deel van die produksie te kon wees – 'Spoorloos' se kwaliteit is next level.” 

LEES: 'Boer Soek 'n Vrou' topboer Tyson Zunckel is verloof

Die akteur en regisseur Christo Davids is terug in die regisseurstoel saam met Francois Coetzee. “Ons glo kykers gaan hierdie nuwe 'Spoorloos' net so baie as die voriges geniet. Daar is niks so lekker soos om ’n land te laat wonder en aan die raai te hou nie,” meen hy. 

Ilse van Hemert is weer die hoofskrywer en na-produksievervaardiger. Ochre Pictures, die vervaardigers van 'Spoorloos', was ook verantwoordelik vir die M-Net-trefferreeks 'Lioness'. "Die storie lê my baie na aan die hart, want ek het groot geword op 'n eiland​​ in St Lucia. Ek kan nie wag om te sien hoe die gehoor die raaisels probeer uitpluis nie."

LEES: Armand Aucamp se gewilde wortelkoek-fudge

'Spoorloos: Die Eiland' begin op Dinsdag 19 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op DStv Catch Up beskikbaar wees. Dié seisoen bestaan uit agt episodes.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

Foto: Verskaf

Show's Stories