KYK: 'Boer Soek 'n Vrou' se 15de seisoen se top-10 boere!

KYK: 'Boer Soek 'n Vrou' se 15de seisoen se top-10 boere!

Die aftel na die vyftiende seisoen van een van Suid-Afrika se gewildste werklikheidsreekse het afgeskop met kykNET se onthulling van 2023 se tien boere vir 'Boer Soek ’n Vrou'. 

Marciel Hopkins
Verskaf/ kykNET

Vanjaar se oes van deelnemers se ouderdomme wissel tussen 26 en 50, en die boere verteenwoordig ses provinsies. Daar is ook wéér een vroulike boer, Cherié van Herbertsdale, onder die top-tien boere. Diegene wat vir een van die top-tien boere ’n brief wil skryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op 28 Julie ingedien word. 

KYK: Caster Semenya verwelkom tweede pienkvoet

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen: 

  • Skryf in op kykNET se webtuiste by www.kyknet.tv
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229 
  • Stuur ’n e-pos na [email protected] 
  • Digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, is welkom. 

Voornemende pasmaats sal ook briewe of pakkies per kourier vir die boere kan stuur na een van dié twee adresse: 

  •  Boer Soek ‘n Vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes, 7129 - 11 Coronation-laan Somerset-Wes , 7130.

KYK: Charlize Theron wys wat na-ure by Uma Thurman se huis gebeur

Marciel Hopkins bied vir ’n derde keer 'Boer Soek ’n Vrou' aan, en dié maatsoekreeks sal van Januarie 2023 op kykNET uitgesaai word. Kykers sal dan die boere se liefdesreis kan volg en ouder gewoonte sal die reeks, wat uit 13 episodes bestaan, fokus op die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het.

Hier is 2023 se tien boere:

Cherié, 34 Herbertsdale, Wes-Kaap 

Boerdery: Gemeng & kleinvee

Cherrie, Boer soek `n Vrou
KykNET

David, 31 Augrabies, Noord-Kaap 

Boerdery: Tafeldruiwe & sitrus

David, Boer soek `n Vrou
KykNET

Francois, 50 Oudtshoorn, Wes-Kaap 

Boerdery: Gemeng & volstruise

Francious- Boer Soek `n Vrou
KykNET

Hennie, 35 Moorreesburg, Wes-Kaap 

Boerdery: Graan & merino 

-Boer Soek `n Vrou
KykNET

Kotie, 43 Harrismith, Vrystaat 

Boerdery: Gemeng, saai & beeste

Kotie-Boer Soek `n Vrou
KykNET

Louis B, 26 Ottosdal, Noord-Wes 

Boerdery: Saai & beeste

Louis- Boer Soek `n Vrou
KykNET

Louis M, 26 Mabula-area, Mpumalanga 

Boerdery: Wild

Louis M-Boer Soek `n Vrou
KykNET

Philru, 26 Petrus Steyn, Vrystaat 

Boerdery: Beeste

Philru- Boer Soek `n Vrou
KykNET

Rampie, 29 Modderrivier, Noord-Kaap 

Boerdery: Jag, wild & boerbokke

RAMPIE-Boer Soek `n Vrou
KykNET

Riaan, 40 Nigel, Gauteng 

Boerdery: Saai

Riaan-Boer Soek `n Vrou
KykNET

Skakel in op die 'The Afternoon Drive', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af:

Volg ons op sosiale media: 

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories