KYK: Deelnemers van nuwe kykNET-reeks kan R1-miljoen wen!

KYK: Deelnemers van nuwe kykNET-reeks kan R1-miljoen wen!

In kykNET se nuutste werklikheidsreeks 'Plaasjapie' moet deelnemers, of nuutgevonde plaasjapies, almal vir die eerste keer in hul lewens probeer om kaalhand boerdery aktiwiteite aan te pak - sonder katoeters of moderne tegnologie. 

Ewan Strydom
Verskaf

'Plaasjapie' is DStv se nuutste werklikheidsreeks waar die kaf van die koring geskei word wanneer 18 stadsjapies die stadsliggies vir waskerse verruil.

Die deelnemers, of nuutgevonde plaasjapies, moet almal vir die eerste keer in hul lewens probeer om kaalhand boerdery aktiwiteite aan te pak - sonder katoeters of moderne tegnologie. En almal het net een doel voor oë: om R1-miljoen te wen.

KYK: 'Getroud Met Rugby'-paar se baba is amper hier!

'Plaasjapie' begin op Donderdag 14 Julie om 20:00 op kykNET en die aanbieder van die program is Ewan Strydom, wat reeds ’n bekende gesig op die kassie as een van kykNET se anker-persoonlikhede as mede-aanbieder van die joernaalprogram, 'Bravo'. 

KYK: Dis wat Trevor Noah oor dié Monroe-rok-saga te sê het

Hierdie eg Suid-Afrikaanse werklikheidsreeks is op ’n oop stuk grond van vyf hektaar op ’n plaas buite Philadelphia in die Swartland aan die Weskus verfilm. Nina Swart, wat ook al die regie van gevestigde werklikheidsreekse soos 'Boer Soek ’n Vrou' en 'Survivor' hanteer het, sit in 'Plaasjapie' se regisseurstoel terwyl die vervaardiger Albert Snyman is. 

kykNET gaan 'Plaasjapie' se 18 deelnemers sal op Maandag 11 Julie bekendmaak word.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af:

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories