KYK: 'Getroud Met Rugby'-paar se baba is amper hier!

KYK: 'Getroud Met Rugby'-paar se baba is amper hier!

Christel van den Bergh is mal daaroor om weer swanger te wees met die tweede babaseun wat sy opwagting gaan maak.

Christel van den Bergh
Instagram/ Christel van den Bergh

Die akteur-duo Christel van den Bergh en Dawid Louw is gewild en het min bekendstelling nodig. Beide Van den Bergh en Louw het 'n groot liefde vir die kunste en albei is gewilde 'Getroud met Rugby'-akteurs. 

LEES: 'Binnelanders' se Cindy Swanepoel vind liefde by mede-akteur

Die glanspaar se eerste baba, Daniel is op 27 Maart 2021 gebore. 

LEES: Simoné Pretorius gesels oor ma-wees, Mej. Suid-Afrika en die toekoms

Op Instagram het Van den Bergh 'n foto gedeel waarin sy te sien is in 'n komplimenteerende rok en hoed, terwyl sy haar hande op haar maag hou.

LEES: Jennifer Lopez stel dogter as "hulle" bekend

Die opgewonde Van den Bergh, wie 39 weke swanger is skryf, “Ek is absoluut mal daaroor om swanger te wees. Vandag voel ek besonders dankbaar vir die voorreg wat ek gehad het om swanger te raak. Ek is dankbaar dat alles gebeur het soos dit het. Vir die voorreg om Daniel se ma te kan wees en om nou vir `n tweede keer hierdie wonderwerk te kan ervaar.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af:

Volg ons op sosiale media: 

MORE ON JACARANDA FM


Show's Stories