KYK: Die trane rol na boere dames huis toe stuur op 'Boer Soek 'n Vrou'
Updated | By Scenic Drive With Rian
Op Donderdagaand se episode van 'Boer Soek'n Vrou' op kykNET, was daar behoorlik drama en selfs meer trane.

Sosiale media was weereens aan die gons na Donderdagaand se episode van 'Boer Soek 'n Vrou'.
LEES: Na 'n jaar vind 'Boer Soek 'n Vrou' se Arno Visagie ware liefde by Alexander
Na die topvyf boere elkeen drie dames gekies het om saam met hul plaas toe te gaan, moes hulle in gisteraand se episode, een dame huis toe stuur.
In Clanwilliam het boer Albert 'n groot skok ontvang, nadat Trudie, een van die dames, besluit het dat sy die plaas wil verlaat. Nadat boer Albert vir Marlia gegroet het, het Trudie besluit dat haar tyd ook op die plaas vir eers tot 'n einde moet kom.
LEES: Gewilde akteur verlaat '7de Laan' na 15-jaar
In Randfontein was dit 'n tranedal.
Toe dit boer Kobus se beurt was om 'n dame huis toe te stuur, was sy keuse ongelukkig, Michellé. Michellé het in haar kamer in trane uitgebars na boer Kobus se besluit.
Die aanbieder, Marciel Hopkins het haar getroos en sterkte toegewens vir haar liefdesreis.
Kyk hier na die emosionele oomblik.
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
FOTO: Facebook/ Boer Soek 'n Vrou
Show's Stories
-
WATCH: Superstar singer wears top made of engagement rings
Want to make a fashion statement? Wear a top made of engagement rings fr...
The Drive with Rob & Roz 2 days, 5 hours ago -
Report warns of social media's mental health effects on kids
A new report says that this concern "is a wake-up call" that can no long...
The Drive with Rob & Roz 2 days, 5 hours ago