KYK: 'n Ware misdaad dokumentêr oor Reeva Steenkamp binnekort te sien
Updated | By Jacaranda FM
Hierdie dokumentêr fokus op ware misdaad en doen sodoende 'n diep duik in die lewe van Reeva Steenkamp en haar skokkende moord.

Reeva steenkamp was in die kruks van haar lewe en was baie suksesvol in haar loopbaan. Die model het verfilming vir die vyfde seisoen van 'Tropika Island of Treasure' voltooi en sy was een van die bedryf se mees geliefde persoonlikhede.
KYK: Juanita du Plessis spog met haar produksie-reeks!
Dit is egter nege jaar ná die grusame moord op die model en M-Net plaas fokus op haar lewe en die gebeure wat tot haar skokkende dood gelei het.
Die verhale deurmiddel van onderhoude in die dokumentêr, 'My Name Is Reeva', word deur naastenbestaandes van die voormalige model vertel.
Op 14 Februarie 2013 het die media gegons met nuus oor Steenkamp se dood, met haar destydse kêrel, Oscar Pistorius, die Suid-Afrikaanse voormalige professionele naelloper, wat gesê het dat hy haar per ongeluk geskiet het en haar as 'n inbreker beskou het.
Pistorius is skuldig bevind aan strafbare manslag en gevonnis tot 'n vonnis van vyf jaar tronkstraf en 'n samelopende drie jaar opgeskorte vonnis vir 'n afsonderlike skuldigbevinding aan roekelose bedreiging.
KYK: Demi Lee Moore binnekort te sien in Amsterdam!
Die dokumentêr sal eksklusief op M-Net kanaal 101 op Donderdag 25 Augustus 2022 uigesaai word.
Kyk die lokprent hieronder:
9 years later and reeva steenkamp's tragic story still hits so hard. looking forward to watching the #MyNameIsReeva docu-series starting 25th august 20:30 @mnet pic.twitter.com/6d3bkieMBH
— claire mawisa (@clairemawisa) July 31, 2022
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Unhinged or inappropriate? Lady sings for senior citizens
We're not sure she would get a standing ovation or that anyone enjoyed h...
The Workzone with Alex Jay 11 minutes ago -
Avoid travelling at night this winter school holiday
While most motorists prefer to travel at night, it's not advisable durin...
The Workzone with Alex Jay an hour ago