KYK: 'n Ware misdaad dokumentêr oor Reeva Steenkamp binnekort te sien

KYK: 'n Ware misdaad dokumentêr oor Reeva Steenkamp binnekort te sien

Hierdie dokumentêr fokus op ware misdaad en doen sodoende 'n diep duik in die lewe van Reeva Steenkamp en haar skokkende moord. 

Reeva Steenkamp
Instagram

Reeva steenkamp was in die kruks van haar lewe en was baie suksesvol in haar loopbaan. Die model het verfilming vir die vyfde seisoen van 'Tropika Island of Treasure' voltooi en sy was een van die bedryf se mees geliefde persoonlikhede. 

KYK: Juanita du Plessis spog met haar produksie-reeks!

Dit is egter nege jaar ná die grusame moord op die model en M-Net plaas fokus op haar lewe en die gebeure wat tot haar skokkende dood gelei het. 

Die verhale deurmiddel van onderhoude in die dokumentêr, 'My Name Is Reeva', word deur naastenbestaandes van die voormalige model vertel.

Op 14 Februarie 2013 het die media gegons met nuus oor Steenkamp se dood, met haar destydse kêrel, Oscar Pistorius, die Suid-Afrikaanse voormalige professionele naelloper, wat gesê het dat hy haar per ongeluk geskiet het en haar as 'n inbreker beskou het. 

Pistorius is skuldig bevind aan strafbare manslag en gevonnis tot 'n vonnis van vyf jaar tronkstraf en 'n samelopende drie jaar opgeskorte vonnis vir 'n afsonderlike skuldigbevinding aan roekelose bedreiging. 

KYK: Demi Lee Moore binnekort te sien in Amsterdam!

Die dokumentêr sal eksklusief op M-Net kanaal 101 op Donderdag 25 Augustus 2022 uigesaai word.

Kyk die lokprent hieronder:

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories