KYK: Rian van Heerden soek SA se volgende miljoenêr

KYK: Rian van Heerden soek SA se volgende miljoenêr

Rian van Heerden is opsoek na Suid-Afrika se volgende miljoenêr in 'Wie Word 'n Miljoenêr'.

Rian van Heerden
Verskaf/ kyknET

Die wêreld se grootste en gewildste vasvraprogram, 'Who Wants To Be A Millionaire', is terug in Suid -Afrika. 

Die Afrikaanse weergawe, 'Wie Word ‘n Miljoenêr?', word later vanjaar op kykNET (DStv -kanaal 144) uitgesaai. 

“Ons is baie opgewonde en baie trots om die wêreld se grootste vasvraprogram vir kykNET se getroue gehoor te bring. Kykers kan dieselfde outentieke 'Who Wants To Be A Millionaire'-ervaring verwag wat miljoene mense regoor die wêreld geniet, ”sê Cecil Barry, vervaardiger van Wie Word 'n Miljoenêr?'

LEES: FOTO'S: Boer Damian vind sy "normale ou" na 'Boer Soek 'n Vrou'

'Wie Word ’n Miljoenêr' word van 27 Oktober op kykNET uitgesaai. 

Dié gewilde radio- en televisiepersoonlikheid sê die spanning wat deurgaans in episodes aangebied word, deel van die program se wenresep is.

“Kykers sit vasgenael voor die TV om saam te speel, om sodoende te probeer bewys dat hy of sy daai miljoen rand kan wen!”

Volgens Van Heerden bied 'Wie Word ’n Miljoenêr' unieke uitdagings aan die aanbieder. 

Jeremy Maggs was in die aanbiederstoel van die destydse Suid-Afrikaanse weergawe van die oorspronklike Britse TV-program, 'Who Wants to Be a Millionaire".

Van Heerden is gesout in diè tipe programstyle en het voorheen 'Op Die Spel' op kykNET aangebied; waar deelnemers se spel- en taalvaardighede getoets word. 

LEES: Schwarp skryf sonder skaamte 'Skeef'-boek

“In 'Wie Word ’n Miljoenêr', is dit net jy en een deelnemer vir ’n groot gedeelte van die episode, en terselfdertyd moet jy ’n vriend én vraesteller wees.”

Die eerste 13-episode-seisoen begin op Woensdag 27 Oktober, met die tweede seisoen wat direk sal volg. Dit beteken dat 'Wie Word ’n Miljoenêr' vir ses maande naelbyt-oomblikke verskaf.

Persone wat nuuskierig is en dit geniet om deel te neem aan vasvrae of vasvra-aande, sowel as diegene wat dit geniet om risiko's te neem en uit hul gemaksones te beweeg, sal na verwagting dié program geniet. 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: kykNET/ Verskaf

Show's Stories