Schwarp skryf sonder skaamte 'Skeef'-boek
Updated | By Scenic Drive With Rian
Radio-omroeper Renaldo Schwarp het oor sy splinternuwe boek, 'Skeef' gesels.

Baanbrekers, bondgenote, geloof en seks - in hierdie boek is geen onderwerp taboe nie.
LEES: Heléne Lombard: Van TV-feeks tot 'Boerediva'
Die mediapersoonlikheid Renaldo Schwarp deel raad en vertel van sy reis, sonder om doekies om te draai.
Bekendes soos Marc Lottering, Rian van Heerden, Marco Spaumer en Joe Foster praat ook oor hul ervarings.
LEES: KYK: Shaleen Surtie-Richards maak laaste buiging
In die boek, skryf Renaldo se ma, Verenia, openlik oor die uitdagings en vreugdes van ’n gay-kind grootmaak.
'Skeef' dra ’n boodskap oor van hoop vir LGBTIQ+-mense en almal na aan hulle. Dit vertel van die vreugde van selfaanvaarding, hoe om die kasdeure wyd oop te skop en van die veerkragtige gemeenskap wat aan die ander kant wag.
"Hierdie boek is nie net vir LGBTIQ+ persone nie, maar ook ‘n moet-lees vir bondgenote. Dit
bied aan ouers, vriende en kollegas van queer mense 'n deurslaggewende raamwerk en ‘n
genuanseerde blik op die geleefde ervarings van die gemeenskap."
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Foto: Verskaf
Show's Stories
-
TikToker asks guests not to bring pickled fish into his home
He says if anyone dares to bring pickled fish to his home for Easter, th...
The Workzone with Alex Jay 17 hours ago -
Girl asks mother who is going to inherit their house
Kids... No matter how young they are, they still manage to suprise us.
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 17 hours ago