FOTO'S: Boer Damian vind sy "normale ou" na 'Boer Soek 'n Vrou'

FOTO'S: Boer Damian vind sy "normale ou" na 'Boer Soek 'n Vrou'

"Ek het lank gebid en gehoop vir die regte persoon," het boer Damian Engelbrecht aan Jacaranda FM genoem. 

Boer Damian Engelbrecht
Verskaf

'Boer Soek 'n Vrou' se eerste gay-deelnemer het in 2019 die meeste briewe van die publiek ontvang. 

LEES: "Ek soek net liefde - ek soek net 'n normale ou" - 'Boer Soek 'n Vrou' se boer Damian

Boer Damian Engelbrecht (39) is ’n passievolle skaap-en-beesboer van Bapsfontein in Gauteng en was op soek na sy ideale man. Hy beskryf homself as “een met die natuur.”

Boer Damian het ingeskryf vir liefde, maar ongelukkig het dinge nie vir hom uitgewerk nie. 

"Ek soek net 'n normale ou wat hou van die plaaslewe," het hy aan Rian van Heerden genoem. 

LEES: Na 'n jaar vind 'Boer Soek 'n Vrou' se Arno Visagie ware liefde by Alexander

Twee jaar later het Damian sy "normale ou", Flippie van den Berg (28) uiteindelik aan die wêreld bekendgestel. 

"Ons het hier-en-daar begin gesels op Instagram. Daar was nie baie foto's van hom nie, want hy is 'n skaam ou."


Na ses maande se video-oproepe het die twee mekaar beter leer ken. 

"Elke dag gaan dit beter en droom ons saam."

Boer Damian het ook genoem dat hy lank gebid het vir liefde. 

Boer Damian Engelbrecht
Verskaf
Boer Damian Engelbrecht
Verskaf

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Verskaf/ Damian Engelbrecht

Show's Stories