KYK: Trouklokke lui vir Bok Eben Etzebeth na verlowing aan sepiester
Updated | By Scenic Drive With Rian
Springbok Eben Etzebeth is verloof aan 'n gewilde voormalige 'Getroud Met Rugby'-aktrise. Vind die foto's hieronder.

Die Springbok Eben Etzebeth en die gewilde aktrise Anlia van Rensburg staan op trou.
LEES: Philicity Reeken gesels met akteur Jarrid Geduld oor 'Indemnity'
Van Rensburg is bekend vir haar rol in die kykNET-sepie, 'Getroud Met Rugby', waar sy die rol van 'Sasha Richter' vertolk het.
Op Donderdag, 24 Maart, het Etzebeth die opwindende nuus gedeel dat hy en Van Rensburg verloof is.
LEES: 'Boer Soek 'n Vrou' se Marciel Hopkins se prettige hennepartytjie
"Die begin van die res van ons lewe! Ek wou nog nooit so graag die ja-woord gehoor het nie. Jy het my die gelukkigste mens op die planeet gemaak," het Etzebeth op sosiale media gedeel.
Bekendes soos Zelda La Grange, Victor Matfield en Bryan Habana het die paartjie geluk gewens.
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Meer Op Jacaranda FM
Foto: Instagram/ Eben Etzebeth
Show's Stories
-
'Shrekking' is the latest dating trend that has people talking
Bad news: you could be the Shrek in your relationship…
Breakfast with Martin Bester 8 hours ago -
The number one crime households in SA face
Can you guess the most common crime among households in South Africa?
Breakfast with Martin Bester 8 hours ago