KYK: Trouklokke lui vir Bok Eben Etzebeth na verlowing aan sepiester
Updated | By Scenic Drive With Rian
Springbok Eben Etzebeth is verloof aan 'n gewilde voormalige 'Getroud Met Rugby'-aktrise. Vind die foto's hieronder.
Die Springbok Eben Etzebeth en die gewilde aktrise Anlia van Rensburg staan op trou.
LEES: Philicity Reeken gesels met akteur Jarrid Geduld oor 'Indemnity'
Van Rensburg is bekend vir haar rol in die kykNET-sepie, 'Getroud Met Rugby', waar sy die rol van 'Sasha Richter' vertolk het.
Op Donderdag, 24 Maart, het Etzebeth die opwindende nuus gedeel dat hy en Van Rensburg verloof is.
LEES: 'Boer Soek 'n Vrou' se Marciel Hopkins se prettige hennepartytjie
"Die begin van die res van ons lewe! Ek wou nog nooit so graag die ja-woord gehoor het nie. Jy het my die gelukkigste mens op die planeet gemaak," het Etzebeth op sosiale media gedeel.
Bekendes soos Zelda La Grange, Victor Matfield en Bryan Habana het die paartjie geluk gewens.
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Meer Op Jacaranda FM
Foto: Instagram/ Eben Etzebeth
Show's Stories
-
LOOK: Dua Lipa shares love for SA after Kruger Park trip
The English pop star is back in South Africa!
Breakfast with Martin Bester 7 hours ago -
This small South African town is up for auction
Are you in the market for a whole town?
Breakfast with Martin Bester 8 hours ago