Philicity Reeken gesels met akteur Jarrid Geduld oor 'Indemnity'

Philicity Reeken gesels met akteur Jarrid Geduld oor 'Indemnity'

Philicity Reeken was in Kaapstad by die kykNET Silwerskermfees en het met die akteur Jarrid Geduld oor sy rol in die film 'Indemnity' gesels. 

Gail Mabalane, Jarrid Geduld & Nicole Fortuin
Verskaf

Vanjaar vier kykNET Silwerskermfees 10 jaar van bestaan. 

LEES: 'Boer Soek 'n Vrou' se Marciel Hopkins se prettige hennepartytjie

Die kykNET Silwerskermfees is ’n gesogte en volwaardige Suid-Afrikaanse en Afrikaanse filmfees wat reeds vir ‘n dekade lank die plaaslike filmbedryf ondersteun, bemagtig en ontwikkel. As sulks is dit ‘n seminale platform vir visuele storievertellers. Terwyl ’n aantal vollengte speelfims van gesoute filmmakers hul wêrelddebuut of Suid-Afrikaanse buiging by dié prestige geleentheid maak, is die fees ook ’n vertoonvenster vir ontluikende talent.

Philicity Reeken was in Kaapstad by die Bay Hotel in Kampsbaai om die mylpaal te vier en het met die gewilde akteur Jarrid Geduld oor sy rol in die opwindende film, 'Indemnity' gesels.

LEES: TikTok-sensasie Janey en Waney laat duisende skaterlag

"Die film gaan oor 'n voormalige brandweerman van Kaapstad. Hy ly aan posttraumatiese stresversteuring as gevolg van 'n mislukte reddingspoging."

Wanneer 'Theo Abrahms' , gespeel deur Geduld, wakker word langs sy vermoorde vrou, kan hy glad nie onthou wat gebeur het nie, maar dit wil voorkom asof hy verantwoordelik is vir haar dood. Hy besluit om te vlug. Kort op sy spoor is 'Alan Shard', ’n geharde polisieman wat vasberade is om 'Theo' voor sy aftrede vas te trek. ’n Derde party raak betrokke en 'Theo' besef met skok daar’s ’n verband tussen die magte wat hom permanent wil stilmaak en 'n ondersoek van onwettige internasionale wapenhandel wat deur sy vrou gelei is.

LEES: Paartjie verloof danksy Facebook-groep

"Dit is 'n goedvoel-film en dit fokus op verskeie aspekte. Dit film is vervaardig deur Suid-Afrikaners vir Suid-Afrikaners - en ons moet verskriklik trots wees op hierdie film. 

Aktrises Gail Mabalane en Nicole Fortuin is ook in die film te sien. 

Kyk die voorskou hieronder: 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories