Legendariese Theuns Jordaan word by Woordfees gevier

Legendariese Theuns Jordaan word by Woordfees gevier

Ná twee jaar van onderbreking is die Toyota US Woordfees terug en vier die lewe van musiek-legende, Theuns Jordaan.

Bekende Afrikaanse sanger Theuns Jordaan sterf
Supplied

Die Woordfees is vir menigde sinoniem aan vermaak uit die boonste rakke. Die Woordfees staan terug vir min. Feesgangers kan uitsien na tonne vermaak, genot en saam-sing liedtjies.

LEES: Jennifer Lopez stel dogter as "hulle" bekend

Volgens die direkteur van die Woordfees, Saartjie Botha, sal die Woordfees op verskillende platforms uitgesaai word, insluitend-aanlyn op DStv en GOtv Namibië. Die eerste aanbieding vind vanaf 15 tot 28 Julie aanlyn plaas, terwyl dit in Oktober in Stellenbosch aangbied sal word.

Bekend vir treffers soos 'Hakkieshart', 'Hillbrow' en 'Soos Bloed', is Theuns Jordaan se sang gekenmerk deur sy diep emosionele basstem, 'n stem wat diep in mense se harte gekruip het. Jordaan is in 2021 oorlede na 'n stryd met kanker. 

LEES: Springbok Koeksisters in Pretoria het wéér krag

Aanhangers en feesgangers kan gerus uitsien na 'Saluut, Theuns Jordaan'. 

Dit is 'n komtempêre musiekprogram waarin gesoute kunstenaars soos Tarryn Lamb, Karen Zoid, Anton Goosen en Bok van Blerk hulde aan Jordaan sal bring.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af:

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories