Marion Holm se eenvrouvertoning help skool in nood
Updated | By Scenic Drive With Rian
Die gewilde aktrise Marion Holm se eenvrouvertoning, 'Holmruggery', wil skool in Pretoria help.

Die aktrise Marion Holm maak tans haar verskyning in die gewilde Afrikaanse-sepie, 'Suidooster' as verpleegster 'Suster Graaff' - en veroorsaak behoorlik drama onder die kykers.
“'Suster Graaff' is nie noodwendig so gaaf as wat sy lyk nie, want sy is eintlik genadeloos en vreesloos,” het Holm oor haar karakter gesê.
LEES: Marion Holm maak verskyning in gewilde sepie
Dit is Holm se eerste sepierol en volgens haar het sy dié ervaring baie geniet, maar dat dit wel uitdagings bied.
“Om in ’n sepie te speel moet jy hare op jou tande hê en dit gebeur teen ’n ongelooflike vinnige pas, wat nogal senutergend kan wees.”
LEES: LUISTER: Emosionele Bobby van Jaarsveld bring hulde aan vriend Theuns Jordaan
Maar vir nou is Holm eers terug op die planke met haar eenvrouvertoning, 'Holmruggery', om 'n skool in nood te help.
Volgens Holm, is hierdie vertoning 'n belewenis om jou te laat lag en ontspan.
In die vertoning span sy stories wat sy al vantevore gebruik het, nuut in om ons almal broodnodige verligting te bring van die alledaagse pyn.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Foto: Marion Holm/ Robert Hamblin
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Angelique Gerber and Tasché Burger set to battle it out at Boxop 3
It’s on - and it’s going to be sensational! The Boxop ser...
The Scenic Drive with Rian 49 minutes ago -
KYK: 'Boer Soek 'n Vrou' topboer Tyson Zunckel is verloof
Seisoen 14 van ‘Boer Soek ’n Vrou’ het opgelewer, met die seisoen se to...
The Scenic Drive with Rian 2 hours ago