Op 14 swanger, maar sy voltooi steeds matriek

Op 14 swanger, maar sy voltooi steeds matriek

Jessica Jacobs het op die ouderdom van 14 swanger geraak en ook haar ma verloor weens kanker, maar het steeds hard gewerk om haar skoolloopbaan te voltooi. 

Jessica Jacobs
Verskaf

Op die ouderdom van 14 het Jessica Jacobs (nou 19) swanger geword, maar het steeds matriek geslaag met universiteitvrystelling.

LEES: 'Boer Soek 'n Vrou' se geliefde paartjie deel opwindende nuus

Dit was nie maklik nie, maar tou opgooi was nie 'n opsie nie. 

Terwyl sy hard moes werk om matriek deur te kom, moes sy haar vierjarige dogtertjie, Janeske, help groot word. 

LEES: 'Die Nutsman' herstel na noodoperasie

Jacobs het ook haar eie ma verloor weens kanker.

Met tye het sy gedink sy gaan dit nie maak nie. 

Jacobs is die afgelope jaar in ’n verhouding met Devon Jansen van Rensburg (20), 'n voormalige skoolvriend. Jacobs en haar dogter se pa is nie meer saam nie. Hy was 18 toe sy swanger geword het. 

LEES: SARIE-kosredakteur Herman Lensing gesels oor sy rol in die fliek 'Stiekyt'

Aborsie was nie vir haar 'n opsie nie, en sy het geglo dat haar dogtertjie 'n seëing van God is.

Sy, haar dogter en Devon, wat by sy pa se elektrisiënonderneming werk, woon in Rietfontein, Pretoria. 

Sy is tans opsoek na ’n voltydse administratiewe pos. Sy wil graag geld spaar om deeltyds te studeer. Sy wil sielkunde en kriminologie studeer. 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories