'Boer Soek 'n Vrou' se geliefde paartjie deel opwindende nuus

'Boer Soek 'n Vrou' se geliefde paartjie deel opwindende nuus

'Boer Soek 'n Vrou' se Niel Bruwer en sy vrou Chereze verwag hul eersteling. 

Niel Bruwer Boer Soek 'n Vrou
Instagram/ Niel Bruwer

Niel Bruwer, 'n vrugteboer van Prince Alfred Hamlet, in die Wes-Kaap, is verlede jaar geraak aan Chereze Maree

Bruwer het op die vorige seisoen van die gewilde kykNET-program, 'Boer Soek 'n Vrou', verskyn.

Die paartjie het in Julie 2021 verloof geraak - en het die opwindende nuus op sosiale media gedeel. 

LEES: Ontmoet 'Boer Soek 'n Vrou' se top-5 boere

Die paartjie het beide 'n kans gewaag nadat hul ingeskryf het vir 'Boer Soek 'n Vrou'.

"Baie trane, opwinding, nuwe ervarings en 'n hele reeks van 'Boer Soek 'n Vrou' het ek jou nou gekry," het Bruwer op sosiale media genoem.

Die paartjie het by Lanzerac Estate verloof geraak, waar hulle die eerste keer ontmoet het tydens 'Boer Soek 'n Vrou' se blitsafsprake. 

LEES: Boer Damian vind sy "normale ou" na 'Boer Soek 'n Vrou'

Amper 'n jaar later en die paartjie verwag nou hul eersteling. 

"Daars nie woorde om die opwinding, die dankbaarheid en die groot seën te beskryf nie," het Bruwer op Instagram genoem.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer Op Jacaranda FM


Foto: Instagram/ Niel Bruwer

Show's Stories