SARIE-kosredakteur Herman Lensing gesels oor sy rol in die fliek 'Stiekyt'

SARIE-kosredakteur Herman Lensing gesels oor sy rol in die fliek 'Stiekyt'

Die bekroonde sjef, TV-persoonlikheid en SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, is binnekort in 'n splinternuwe fliek te sien.

Herman Lensing
Verskaf

Vir jare deel Herman Lensing van sy gunsteling-resepte met ons. In sy jongste kookboek, 'Huiskos', deel hy ook resepte wat hy by sy vriende leer ken het. 

LEES: 'Getroud Met Rugby' kom tot 'n einde

'Huiskos' is Lensing se sesde kookboek en volg op die uiters suksesvolle 'Dit Proe Soos Huis' (Human & Rousseau), wat in 2019 verskyn het en in 2020 benoem is deur die SA Boekpryse vir Beste Niefiksieboek. 'Huiskos' vertel - in sy eie woorde - die storie van Lensing se 34 jaar op hierdie aarde. Anders as in sy ander boeke deel hy hierdie keer ook resepte wat hy by sy vriende leer ken het en by mense op vele reise deur Suid-Afrika.

LEES: "Ek glo steeds in liefde"- Die geliefde Glam Guru bevestig egskeiding na 30-jaar

'Huiskos' bevat meer as 80 resepte, van ontbyt tot hoofgeregte, van bykosse tot vleisgeregte, van koeke, koekies en beskuit tot nageregte (soos trifle, roomys en selfs basaarpoeding). 

Maar Lensing is nie net 'n bekroonde sjef nie. 

LEES: Rian van Heerden gesels met '7de Laan' se gewilde Meme Ditshego

In die splinternuwe fliek, 'Stiekyt', leer ken ons ook 'n ander kant van die geliefde sjef en kosredakteur. In die fliek speel Lensing die karakter 'Kiwi Polish'.

'Kiwi Polish' is een van die fopdossers in die nagklub. 

Lensing het met Rian van Heerden gesels oor sy rol in die opwindende nuwe fliek. 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories