Pad in Pretoria word binnekort na Joost van der Westhuizen vernoem

Pad in Pretoria word binnekort na Joost van der Westhuizen vernoem

Die regering wil pad in Pretoria na Joost van der Westhuizen vernoem. 

Joost van der Westhuizen

Die Suid-Afrikaanse regering het 'n beroep op inwoners gedoen om kommentaar te lewer oor die voorgestelde naamsveranderinge aan verskeie van die groot paaie in die provinsie. 

LEES: '7de laan'-akteur André Lötter gesels oor sy nuwe avontuur

Jacob Mamabolo, LUR vir vervoer, het gesê die hernoeming van die hoofroetes is deel van die provinsie se verbintenis tot maatskaplike samehorigheid en transformasie. 

LEES: 'Binnelanders'-akteur Hykie Berg word pa op 44

“As 'n regering het ons 'n plig om helde en heldinne te vereer, wat onbaatsugtig belangrike rolle in die stryd teen apartheid gespeel het en diepgaande en uitstaande bydraes tot die ontwikkeling van ons mense en hierdie land gemaak het."  

LEES: “Dit was lekker, maar nou is dit klaar” - Rian van Heerden

Die voorgestelde veranderings is: 

N12 na Ahmed Kathrada snelweg; 

R59 na Helen Suzman-rylaan; 

R80 na Dr. Sam Motsuenyane-rylaan; 

R55 na Philip Kgosana-rylaan; 

R500 na Elijah Barayi-rylaan; 

R50 na Joost van der Westhuizen-rylaan; 

R42 na Ellen Khuzwayo-rylaan; en 

P139/1 (Christiaan de Wet/Northumberlandweg) na Andrew Mlangeni-rylaan

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories