Pierre van Pletzen gesels oor sy rol in 'Die Boekklub'

Pierre van Pletzen gesels oor sy rol in 'Die Boekklub'

Armand Aucamp en die legendariese June van Merch is terug in Merweville - en 'n nuwe inwoner, gespeel deur Pierre van Pletzen, maak ook sy verskyning. 

Pierre van Pletzen
Verskaf/ kykNET

Dis meer as drie jaar sedert kykNET-kykers die inwoners van Merweville met groot hartseer gegroet het, met die gedagte dat dit verewig sou wees. Maar, ter viering van kykNET se 21ste verjaarsdag, is daar 'n splinternuwe seisoen oppad. 

KYK: kykNET se verjaarsdaggeskenk aan kykers

'Die Boekklub' se derde seisoen speel af in 2024. Na die afsterwe van ’n boekklub lid keer Tom (Armand Aucamp) terug na Merweville vir die begrafnis. Weens ’n sameloop van omstandighede besluit hy om ’n bietjie langer te vertoef in die dorp en herontdek hy nie net die boekklub, maar ook homself. 

Daar is ook 'n nuwe gesig in Merweville, Piet van Danwill, gespeel deur Pierre van Pletzen. 

Van Pletzen vertolk die rol van Hanli Oberholzer, gespeel deur Nicole Holm, se pa.

Van Pletzen het met die Scenic Drive-span gesels oor sy rol in 'Die Boekklub.'

"Piet kom van Danwill en hy is 'n machenic, maar dit is nie 'n groot faktor in die program nie."

Volgens Van Pletzen, is sy karakter in 'Die Boekklub' nie jou tipiese werktuigkundige nie. 

Van Pletzen het ook genoem dat sy karakter ordentlik is, en het ook sy eie werkswinkel met ander werktuigkundiges wat onder hom werk.

Pierre van Pletzen
Verskaf/ kykNET

'Die Boekklub' se derde seisoen speel af in 2024.

'Die Boekklub' was verfilm in Merweville, Stellenbosch, Strand en Somerset-Wes. Die regie word behartig deur Nina Swart en is geskryf deur Louis Pretorius en Albert Snyman.  

*'Die Boekklub' begin 16 Februarie 2021 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto Kredit: Verskaf/ kykNET

Show's Stories