Rian van Heerden spog met nuwe program 'Liefde Sonder Grense'

Rian van Heerden spog met nuwe program 'Liefde Sonder Grense'

Rian van Heerden is terug op die kassie met 'n splinternuwe program 'Liefde Sonder Grense.' 

Liefde Sonder Grense
kykNET

'Liefde Sonder Grense' is ‘n geselsprogram wat fokus op die lewens van paartjies wat in verhoudings is wat ander mense maar vreemd sal vind. 

LEES OOK: Elana Afrika-Bredenkamp aanbieder van die nuwe kykNET televisiereeks, Afskaal

Van harige liefde en langeraat liefde tot liefde ten spyte van geskendheid of verslawing. Die eerste seisoen van 'Liefde Sonder Grense' bewys sonder twyfel dat ware liefde alles kan oorwin!

In die eerste episode van 'Liefde Sonder Grense' word daar gekyk na liefde ten spyte van ouderdomsverskille. Fransie en Christiaan het ‘n 35-jaar ouderdomsverskil en is intussen getroud. Die gelukkige paartjie kom vertel vir Rian hoe die getroude lewe hulle behandel. 

In die episode ontmoet kykers ook Carly en Graeme wie ten spyte van die 29-jaar ouderdomsverskil tussen hulle dolgelukkig is en ja, daar is ook nou ‘n baba!

 Die program begin 7 Oktober begin op kykNET,  DStv-kanaal 144. Moet dit nie misloop nie!

Show's Stories