Elana Afrika-Bredenkamp aanbieder van die nuwe kykNET televisiereeks, Afskaal

Elana Afrika-Bredenkamp aanbieder van die nuwe kykNET televisiereeks, Afskaal

Gewilde glanspersoon, Elana Afrika-Bredenkamp bring persoonlikheid, warmte en deernis na die skerm.

Elana Afrika-Bredenkamp afskaal
Verskaf.

Soos die naam voorstel, volg Afskaal vier Suid-Afrikaners in hul poging om gewig te verloor met die hulp van Slender Wonder.

LEES OOK: Elana Afrika-Bredenkamp dazzles on the new cover of SARIE

Gedurende die 16-week periode, maak die vier deelnemers hul harte en huise oop met die oog op ‘n gesonder lewenstyl. Hul neem deel aan verskeie uitdagings wat hul breinkrag en fisieke krag gaan toets. Boonop word hulle uit hul gemaksones geneem en aangemoedig om grense te verskuif terwyl hulle meeding vir die groot prys. 

Die ongelooflike ding van ‘n paadjie na gewigsverlies, is dat dit oor soveel meer gaan as net dit. Dit behels ‘n verandering in hoe jy dink wat uiteindelik dan lei tot ‘n gesonder lewenstyl. “Ons kon aan geen beter persoon dink om saam met die deelnemers die paadjie aan te durf, as Elana nie,” sê Riaan Jacobs, Hoof Uitvoerende Beampte van Slender Wonder. Jacobs sê ook “Sy straal empatie uit en bevriend almal wat sy ontmoet.”

Elana Afrika-Bredenkamp help ander om hul beste lewens te leef

“Ek is al reeds geïnspireer deur die uithouvermoë en sterk wil van die deelnemers. Hulle het soveel meer energie as toe hulle net begin het,” sê Elana Afrika-Bredenkamp

“Dis ‘n plesier om ‘n reeks soos hierdie aan te bied waar mense ander kan leer en kan aanmoedig om gesonder keuses te maak en hul beste lewens te leef,” sê sy. 

Afskaal sal première op KykNet (DSTV 144) op 10 Oktober 2019, uitgesaai word op Donderdae om 17:30, met heruitsendings op KykNet en Kie, Donderdae om 21:00, vanaf 17 Oktober. 

STORIES OM VOLGENDE TE LEES:

  1. Nuwe kykNET TV-reeks wil jou help liefde vind
  2. 'Poppie Nongena' bags 12 awards at the kykNET Silwerskerm Festival
  3. Huis Lelieveld: kykNET se splinternuwe komedie!

Show's Stories