Só voel Scott Disick oor Kourtney Kardashian se verlowing

Só voel Scott Disick oor Kourtney Kardashian se verlowing

Scott Disick en Kourtney Kardashian het drie kinders saam. 

Scott Disick & Kourtney Kardashian
Instagram/ Scott Disick

Die oudste Kardashian-Jenner suster, Kourtney Kardashian, 42, is verloof aan die gewilde tromspeler, Travis Barker, 45.

LEES: FOTO'S: Kardashian-suster verloof aan tromspeler

Die jare lange vriende het vroeg vanjaar hul verhouding bekend gemaak, en is sedertien smoorverlief. 

Volgens berigte, was die media persoonlikheid nog nooit so verlief nie, en haar verhouding met Barker is anders van die res. 

LEES: KYK: Taliep Petersen se dogter sing kragtige weergawe van 'Easy On Me'

Sondag, 17 Oktober, het Barker die groot vraag aan Kardashian gevra. Barker het Kardashian na die strand begelei, waar hy rooi en wit blomme in die vorm van 'n hart laat oprig het. 

Barker het die groot vraag voor toeskouers gevra.

LEES: Madonna steeds gek oor seks én dwelms

Maar volgens 'n bron na aan Scott Disick, Kourtney Kardashian se eks-kêrel, het Disick dit sien kom en hy is nie baie gelukkig daaroor nie. 

"Hy is baie hartseer en voel swak," het die bron aan E! genoem. 

Scott en Kourtney het drie kinders: Mason Dash, 11, Penelope Scotland, 9, and Reign Aston, 6.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Instagram/ Scott Disick

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories