KYK: Taliep Petersen se dogter sing kragtige weergawe van 'Easy On Me'
Updated | By Scenic Drive With Rian
Fatiema Petersen, dogter van die musieklegende Taliep, het hartsnare behoorlik geroer met haar weergawe van Adele se 'Easy On Me'.
Op Vrydag, 15 Oktober, het die bekroonde sangeres, Adele, haar splinternuwe enkelsnit, 'Easy On Me' vrygestel.
LEES: 'Arendsvlei'-akteurs bring hulde aan ikoon Shaleen Surtie-Richards
Adele het 'n rekord ingepalm nadat Spotify 'Easy On Me' as die mees gestroomde liedjie in 24-uur, verklaar het.
Die musiekvideo is al meer as 63-miljoen keer op YouTube gekyk.
Die musieklegende Taliep Petersen se dogter, Fatiema Petersen, het haar weergawe van die liedjie op Instagram gedeel.
LEES: Ina Bonnette reg vir nuwe hoofstuk na wreedaardige aanval
Met die plasing van die video, het Fatiema ook geskryf dat sy deur 'n depressiewe tydperk in 2017 gegaan het, en dat sy en haar man, Junaid pas getroud was.
Nou, in 2021, is kommunikasie hulle sterkte hulpmiddel tot 'n suksesvolle huwelik. Deur die proses het hulle geleer om meer "easy" met mekaar te wees.
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Foto: Instagram/ Fatiema Petersen
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
This is what fishing in Florida looks like
A man who was fishing discovers that running fast is a prerequisite when...
The Workzone with Alex Jay 3 minutes ago -
A life with Endometriosis
Endometriosis. It's a tough condition for women to talk about, let alone...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 2 hours ago