VOORSKOU: Philicity Reeken kuier saam die 'Bravo!'-span
Updated | By Dean Paulse
Van 'Survivor' tot 'Binnelanders' - Philicity Reeken skrik vir niks. Sy kuier Sondag saam die 'Bravo!'-span op kykNET.

Philicity Reeken het 'n huishoudelike naam geword vir haar bydrae tot die TV- en radiobedryf.
'Song Vir Katryn', 'Survivor' en 'Binnelanders' is maar net 'n paar televisie-programme wat ons kan opnoem waarin Philicity al haar verskyning gemaak het.
En nou is sy deel van die Scenic Drive-span op Jacaranda FM waar sy miljoene vermaak met haar ikoniese stem en borrelende persoonlikheid.
Philicity skrik vir geen uitdaging - en dié Sondag gesels sy saam die 'Bravo!'-span oor haar TV-en radio-loopbaan, gewigsverlies en alledaagse uitdagings.
"Dit was 'n wonderlike geleentheid om saam die 'Bravo!'-span te werk."
Hier is die voorskou:
Kyk uit vir die splinternuwe episode van Bravo! die Sondag 7 Junie, 19:30 net op kykNET.
Show's Stories
-
Model Marciel Hopkins wys haar eersteling
Die voormalige 'Boer Soek 'n Vrou'-aanbieder en haar aantreklike man, Ha...
The Drive with Rob & Roz 3 hours ago -
WATCH: SA reacts to TikToker's new spin on a classic SA dish
If you are bored of eating normal pap, here is a new recipe for you to try.
The Drive with Rob & Roz 4 hours ago