'Wat Is Waarheid' - Nuwe reeks ondersoek samesweringsteorieë

'Wat Is Waarheid' - Nuwe reeks ondersoek samesweringsteorieë

“’n Rede hoekom samesweringsteorieë mense fassineer, is omdat mense dikwels probeer verklaar wat hulle nie behoorlik verstaan nie," sê Rian van Heerden. 

Rian van Heerden
Verskaf/ kykNET

Samesweringsteorieë is aan die orde van die dag, en met die hedendaagse verskynsel van fopnuus raak dit moeiliker om te onderskei wat is die waarheid en wat is nie. In die nuwe kykNET-reeks, 'Wat Is Waarheid', word ’n aantal samesweringsteorieë onder ’n mikroskoop geplaas om dit uit ’n Suid-Afrikaanse perspektief te beskou.

LEES: Só voel Scott Disick oor Kourtney Kardashian se verlowing

In 'Wat Is Waarheid' gesels talle kenners oor die fenomeen van samesweringsteorieë, terwyl die aanhangers van dié teorieë ook hul menings deel.

Daar word onder meer gekyk na ’n handvol geskiedkundige samesweringsteorieë wat in Suid-Afrika posgevat het soos die legendariese Krugermiljoene, Cecil John Rhodes se geheime organisasie, wat se doel blykbaar wêreldoorheersing was, en bespiegelinge oor gebeure tydens die Anglo Boere-oorlog.

LEES: "Madiba draai in sy graf om" - Veteraanjoernalis Freek Robinson oor SA

Verder word organisasies soos die Vrye Messelaars en die Illuminati ondersoek, terwyl mediese knelpunte soos Covid-19 en inentings ook bespreek word.

Volgens 'Wat Is Waarheid se vervaardiger, Rian van Heerden, het die talle debatte oor die COVID-19-pandemie ’n ontploffing van samesweringsteorieë veroorsaak.

LEES: Taliep Petersen se dogter sing kragtige weergawe van 'Easy On Me'

“Deesdae is daar meer samesweringsteorieë as ooit in die geskiedenis van die mensdom. En, van die oudstes (soos die illuminati) steek nou weer hul koppe uit. Dit noodsaak dit dus om deeglik te kyk na wat waarheid is en wat is nie, deur al die feite en opinies op die tafel te sit,” sê Rian.

“’n Rede hoekom samesweringsteorieë mense fassineer, is omdat mense dikwels probeer verklaar wat hulle nie behoorlik verstaan nie.

“Dit gee iemand ’n sin van mag as hy of sy die ‘feite’ weet en ander nie.”

LEES: Madonna steeds gek oor seks én dwelms

Tans beleef samesweringsteorieë ’n bloeitydperk omdat mense makliker as ooit tevore alle tipe inligting kan bekom. Volgens Rian is die probleem egter dat dié ongeëwenaarde toegang tot inligting nie net ’n groter teëlaarde vir samesweringsteorieë skep nie, maar dat almal nou voel dat die gehalte van hul menings gelyk is.

“Hoekom dan ‘n wetenskaplike of kenner vertrou as jy die inligting op die internet kan kry?” vra Rian.

'Wat Is Waarheid' word van Donderdag 21 Oktober 2021 om 20:00 op kykNET, kanaal 144, op DStv, uitgesaai.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Verskaf/ kykNET

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories