"Madiba draai in sy graf om" - Veteraanjoernalis Freek Robinson oor SA

"Madiba draai in sy graf om" - Veteraanjoernalis Freek Robinson oor SA


Ná ’n merkwaardige en dinamiese loopbaan in die TV- en radiojoernalistiek, wat strek oor 45 jaar, het Freek Robinson in 2020 amptelik afgetree as veteraanjoernalis en nuusanker. 

Freek Robinson
Jacaranda FM

Met sy jare lange ondervinding as veteraanjoernalis, sy kalm geaardheid en sy waardevolle insae in die Afrikaanse TV-nuusgehoor het Freek Robinson ’n onskatbare bydrae tot Suid-Afrika gemaak. 

LEES: Taliep Petersen se dogter sing kragtige weergawe van 'Easy On Me'

In 2010, het Robinson by 'eNuus' aangesluit as nuusanker en was vir byna ’n dekade deel van die 'eNuus'-span op kykNET en kykNET&kie. 

In 2020, het Robinson tot die besluit gekom om af te tree as veteraanjoernalis en nuusanker. 

LEES: 'Arendsvlei'-akteurs bring hulde aan ikoon Shaleen Surtie-Richards

"Ek is dankbaar dat ek kon verslag doen oor gebeure tydens apartheid, die oorgang na demokrasie en die ontwikkeling daarvan oor die afgelope 26 jaar. Vir my was die hoogtepunt van my loopbaan toe ek die geleentheid gehad het om die debat tussen Nelson Mandela en FW de Klerk voor die 1994-verkiesing te fasiliteer. Maar die klein heldedade van gewone Suid-Afrikaners het ook ’n onuitwisbare indruk op my gemaak,” het Robinson bygevoeg.

In sy splinternuwe boek, 'Freek Robinson - Op Die Man Af' deel hy van sy ervaring as joernalis in Suid-Afrika.  

LEES: Ina Bonnette reg vir nuwe hoofstuk na wreedaardige aanval

Dié boek verweef die lewe en loopbaan van een van ons land se mees gerespekteerde en geliefde joernaliste en gee ’n besonderse blik op die ingrypende nuusomwentelinge in ons onlangse geskiedenis.

Rian van Heerden het met Freek Robinson gesels oor sy boek en ook oor Suid-Afrika. 

Volgens Robinson gaan Suid-Afrika agteruit as gevolg van staatsamptenare die idee het dat hulle meer mag het as enige ander burger. 

"Hulle het die geld en voel dat hulle meer mag het. Hulle glo dat almal na hul pype moet dans."

Robinson glo dat dit meer probleme veroorsaak. 

"Madiba draai in sy graf om as hy sien wat tans gebeur."

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Jacaranda FM

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories