KYK: 'Boer Soek 'n Vrou' se Willem en Sanel spog met babadogter

KYK: 'Boer Soek 'n Vrou' se Willem en Sanel spog met babadogter

Die bekende 'Boer Soek ‘n Vrou'-paartjie se babadogter is uiteindelik hier!

Willem en Sanel Pool
Instagram/ Screenshot

Willem en Sanel Pool van 'Boer Soek 'n Vrou' het onlangs aangekondig dat 'n "Pool baba" op pad is.

"Geweer is gelaai en die rekkie tang is reg om te rol! Klonge kan maar lig loop," het Willem geskryf toe hy die geslag van hulle baba aangekondig het.

Nou is die paartjie se eerste pienkvoet uiteindelik hier.

Anjo is op 6 November 2023 gebore. Sy het 2,79 kg geweeg en was 'n volle 47 cm lank met geboorte. 

LEES: Arnold Vosloo te sien in nuwe kykNET-dramareeks

"Sy is nog nie 'n dag oud nie en ons wil haar klaar opvreet! Dankie Here vir 'n volmaakte, gesonde babatjie," het Sanel op Instagram gekryf.

Volgens Netwerk 24, is Willem en Sanel baie opgewonde oor hulle eersteling, maar hulle vertel wel dat die laaste deel van Sanel se swangerskap op tye moeilike was.

"Dis asof 'n mens besef dit staan nou einde se kant toe, maar die ongemak was daar en ek het nogal erg sooibrand gehad, maar ek het 'n baie geseënde swangerskap gehad."

Alhoewel dit op tye moeilik was, was dit 'n droom toe Sanel uiteindelik vir Anjo kos vashou. 

KYK: Elandré sing van die grootste treffers op Friday Live

"Dis onwerklik en ek weet nie eintlik hoe om dit in woorde om te sit nie. Dit is 'n lekker en spesiale gevoel – iets wat jy net self sal kan verstaan as jy daardeur is."  

Anjo se naam is 'n kombinasie van Willem en Sanel se ma’s se name; Annetjie (Willem se ma) en Jonelle (Sanel se ma).

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Instagram

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories