Arnold Vosloo te sien in nuwe kykNET-dramareeks

Arnold Vosloo te sien in nuwe kykNET-dramareeks

kykNET-kykers kan uitsien na 'n Deon Meyer-dramareeks wat in 2024 uitgesaai sal word.

Arnold Vosloo Pland B
Verskaf/ kykNET

Arnold Vosloo is een van die bekendes wat in dié reeks, 'Plan B', te sien sal wees. 

Die reeks, wat op van die meestermisdaadskrywer Deon Meyer se eerste karakters gegrond is, speel af in die wêreld van kunsdiefstal en swendelaars – mans wat weerlose vroue op soek na liefde met slinkse planne uitbuit. 

KYK: Demi Lee Moore sing weer 'By Jou' van Theuns Jordaan

'Plan B' bestaan uit vyf episodes, en die draaiboek is deur die Hertzogpryswenner Tertius Kapp geskryf, wat ook vir die draaiboeke van treffers soos Die spreeusGaiaVier mure en Griekwastad verantwoordelik was. 

Arnold, wat die afgelope 33 jaar in Amerika woon en al internasionaal naam gemaak het met rolprente soos 'The Mummy' en 'Blood Diamond', is opgewonde om deel van die rolverdeling te wees. 

"Toe Tim en Cobus my kontak oor 'n rol in kykNET se Plan B, het ek dadelik ingestem, want dit het vir my al die boksies getiek," sê Arnold. 

"Eerstens om in Afrikaans te kan werk. Dan om weer saam met die Griekwastad-span te kon werk – Cobus van den Berg en Tim Theron van 'Scene23' en natuurlik Jozua Malherbe as regisseur. 

"Griekwastad was een van die hoogtepunte van my loopbaan as akteur, en om weer saam met die span te werk, is baie spesiaal. Die teks en storie is ook uitstekend, en die rol was lekker en uitdagend. Dis mos nou ’n geleentheid wat nie te versmaai is nie."

KYK: Nóg 'n Springbok deel opwindende babanuus!

Behalwe Arnold is Tim Theron en Amalia Uys, onder andere, in die groot, talentvolle rolverdeling. 

'Plan B' vertel die verhaal van ’n man met ’n militêre agtergrond, Ivan Malan (Tim Theron), en sy vennoot, Paul Schmidt (Arnold Vosloo), wat 'n bendebaas beroof en 'n skildery steel –  'Vlammemeisie' deur die meesterskilder Vermeer, wat €30 miljoen werd is. 

Intussen word Ragel Bergh (Amalia Uys) deur die glyjakkals Joshua Lansky (Armand Aucamp) uit haar erfporsie geswendel. Alles lyk vir haar verlore, maar dan laat ’n kunswaardeerder Ragel se pad met Ivan en Paul s’n kruis, en al drie van hulle wil dieselfde ding ten alle koste hê: die Vlammemeisie. 

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Verskaf

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories