EKSKLUSIEF: Mike Bolhuis deel meer oor Len Cloete skietinsident
Updated | By Etienne Bruwer
Byna 'n jaar na Len Cloete by 'n gastehuis in Muldersdrift geskiet is, deel sy vrou Chantal Cloete en Mike Bolhuis meer oor die insident en die huidige ondersoek.
Bykans 'n jaar terug het 'n video van 'n Pretoria-man wat na bewering deur 'n polisiebeampte geskiet is reg oor die internet versprei.
Len Cloete was in 'n koma nadat die polisiebeampte hom by 'n gastehuis in Muldersdrift in die kop geskiet het.
LEES: Toks van der Linde groet gewilde 'Toks & Tjops'-program
Alhoewel Cloete nou, 'n jaar later, uit die koma uit is; sloer die ondersoek steeds as gevolg van sy onvermoë om te kan praat.
Volgens spesialis ondersoeker Mike Bolhuis, is die ondersoek rakend die insident reeds voltooi, maar op die oomblik kan die "waarheid eers bekend gemaak wanner Len sy kant van die storie kan gee".
Die video van die insident wys hoe die Pretoriase-man, in net sy onderklere, in 'n woordewisseling met polisiebeamptes tree voor hy na bewering een van die beamptes se geweer gegryp het.
KYK: Hier is jou 'Die Kontrak 2' wenner!
Die grusame beeldmateriaal wys verder hoe Cloete die polisiebeampte se geweer rond swaai en skree, "skiet my, skiet my" waarna 'n ander polisiebeampte sy geweer op Cloete rig en hom in die kop skiet.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
The top 10 best-selling albums of the 21st century
Can you guess the number one? Hint: Beyoncé doesn’t feature on the list ...
The Drive with Rob & Roz 1 day, 14 hours ago -
Kate Middleton 'ready for the healing to begin' with Meghan Markle
It's no secret that the British Royal family has had its fair share of c...
The Drive with Rob & Roz 1 day, 15 hours ago