Hierdie unieke soektog na trou-'dates' steeds aan die gang

Hierdie unieke soektog na trou-'dates' steeds aan die gang

Ons vind uit of Marunelle Hitge en haar vriendin Janke Mulder suksesvol was in hulle soeke na metgeselle vir 'n troue!

Marunelle Hitge and Janke Mulder
Supplied

Janke Mulder (26) en Marunelle Hitge (27) het onlangs 'n advertensie op Facebook geplaas, opsoek na metgeselle vir 'n troue in November. 

Hitge, 'n prokereur van Mbombela en Mulder 'n lektor in Afrikaans in Pretoria het besluit om seker te maak dat hulle nie wèèr sonder metgeselle na 'n troue toe gaan nie. 

READ: Martin Bester kry trou-'dates' vir dié twee vriendinne

Die advertensie-plasing het presies uiteengesit waaraan hierdie metgeselle moet voldoen en 'boerseuns' kry glo pluspunte as hulle aansoek doen. 

Daar is ook 'n skakel na 'n aanlyn aansoekvorm ingesluit. Die aansoekvorm sluit vrae in soos: Kan jy sokkie? Skryf jou beste pick-up line hier neer en Bier of Brannewyn?

Die plasing het gou versprei regoor sosiale media en Donderdag 7 September het hulle in 'n onderhoud met Martin Bester alles gedeel oor die plasing wat Suid-Afrika laat gons het. 

KYK: Ontmoet die ses vroue van 'Die Real Housewives van Pretoria'

Martin Bester en die span het die twee vriendinne gehelp om metgeselle te kry vir die troue. 

Donderdag 15 September het ons opgevolg met die vriendinne om te hoor of die gekose metgeselle hulle wel sal vergesel na die troue toe.  

Janke Mulder is steeds opsoek na haar metgesel.

Metgesel advertensie
Facebook/ Marunelle Hitge

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories