Man toegesluit vir pornografiese beelde van Ramaphosa en Cele

Man toegesluit vir pornografiese beelde van Ramaphosa en Cele

Die 34-jarige man sal na bewering Maandag in Pretoria se landdroshof verskyn.

One dead, two arrested in PMB mass shooting: Cele
YouTube Screenshot: eNCA

‘n 34-jarige man is na bewering in hegtenis geneem na hy pornografiese foto’s met president Cyril Ramaphosa en polisieminister Bheki Cele se gesigte op gedeel het. 

Die verdagte sal volgens berigte Maandag in Pretoria se landdroshof verskyn na hy die land se kuberwetgewing oortree het.

KYK: 'Verlief en Verlore': Mila Guy en Bennie Fourie deel pragtige wittebroodfoto's

Polisiewoordvoerder Philani Nkwalase het gesê daar is tans ‘n ondersoek oor die pornografiese beelde waarop Ramaphosa, Cele en Cele se vrou se gesigte geplaas is. 

“Die foto’s is met polisiebeamptes en mense van die publiek op sosiale media platforms gedeel. ‘n 34-jarige verdagte was opgespoor en vasgekeer in Azalea, Pietermaritzburg. Die foon wat die man gebruik het is ook opgespoor,”  het Nkwalase gesê.

LEES: "Sy's 'n goeie mens" - Meghan Markle wen nóg 'n toekenning

Daar was ook talle ander pornografiese foto’s op die toestel gevind.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories