Nicholis Louw ontmoet grootste aanhanger op Friday Live

Nicholis Louw ontmoet grootste aanhanger op Friday Live

Suid-Afrikaanse sanger Nicholis Louw het saam die Breakfast with Martin Bester-span gekuier vir sy heel eerste Friday Live optrede. 

Coco Pops en Nicholis Louw
Jacaranda FM

Vrydag, 14 April het die Suid-Afrikaanse kunstenaar Nicholis Louw sy weergawe van 'Sound Of Silence' in die Jacaranda FM ateljee opgetree. 

Die beroemde sanger was verras toe Martin Bester een van sy grootste aanhangers, Janco, aan hom voorgestel het. 

Friday Live: 'Tennessee Whiskey' met ADAM en Martin Bester

Janco het die oggend saam die 'Generaal'-sanger en die Breakfast with Martin Bester-span deurgebring. 

As deel van sy kuier het hy ook meer gedeel oor sy nuutste enkelsnit 'Coco Pops en Kaas' wat onlangs vrygestel is. 

Friday Live: SA se geliefde Nádine sing haar weergawe van 'Alone' deur Heart

Vir die week se 'Sing Ding' het Louw ook luisteraars vermaak met sy liedjie 'Rock Daai Lyfie'. 

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories