Dapper tweejarige meisie byt slang terug

Dapper tweejarige meisie byt slang terug

Dié dapper tweejarige meisie het met die slang gespeel toe dit haar skielik aangeval het. Sy het uit reaksie toe die slang teruggebyt! 

Girl Bites Snake Back
Newsflash/ Mirror

'n Dapper tweejarige meisie van Katar in Turkye is onlangs deur 'n slang, van sowat 50 cm lank, aangeval. 

LEES: Pornografie se greep op kinders erger as wat ouers dink

Volgens mediaberigte het die reptiel die meisie se lip gebyt, maar uit skok-reaksie het sy besluit om terug te byt. 

Die meisie het met die slang gespeel toe dit haar skielik aanval. 

Volgens haar pa, het die bure gesien hoe sy met die slang speel en dit haar byt. Die bure het onmiddelik na buite gehardloop om haar te red. 

Die slang het nog glo lewend aan die meisie se mond gehang toe die bure by haar aangekom het.

LEES: 'Ontbytsake' se Corli Botha deel groot nuus

Sy is onmiddelik na 'n kinderhospitaal geneem vir behandeling. Sy was vir 24 uur onder waarneming geplaas.

Volgens berigte het die slang dieselfde dag gevrek. 

Dit is steeds onbekend watter tipe slang haar aangeval het. 

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories