Mevrou, dáái eerste soen en 'n movie

Mevrou, dáái eerste soen en 'n movie

Dit is die maand van liefde en die Mevrouens wil nou nie uit voel nie.  

Mevrou Mevrou Valentynsdag
Jacaranda FM

Na meer as twintig jaar van getroud wees, is Valentyndsdag nie juis die hoogtepunt van hulle liefdeslewe nie. 

Maar dit beteken nie die liefde is 'n uitgebluste vlam in hierdie twee se huise nie.

In hierdie episode van Mevrou Mevrou laat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk die wange weer bloos soos wat hulle onthou waar dit als begin het...

Lees ook die Mevrouens se stories waar hulle nostalgies raak oor die liefde - en raad het vir pasgetroudes op Valentynsdag 2024.

Die Mevrouens het altwee hulle harte in die jare negentigs verloor – die dekade wat die hoogtepunt was van verlief raak vir dié twee.

Dit was die laaste keer wat daardie jong-liefde-skoenlappers-in-die-maag vir hulle rond gefladder het.

Gerda de Sousa vertel die verhaal van 'n storie wat vir haar soos haar eie Netflix-episode was, toe haar aantreklik Tony haar oorreed het dat dit net een soen sal vat vir haar om te wéét hy is die man vir haar.

Vir Dianne Broodryk was dit soos 'n regte movie...

Sy onthou hoe sy en haar toe beste vriend, Deon, agtergekom het hulle lag altwee kliphard terwyl die res geskok na 'Natural Born Killers' gesit en staar het.

En aangesien hulle nou gesamentlik amper 'n half uue van huwelikslewe agter die rug het, kan hulle sekerlik ook bietjie raad uitdeel aan die jong getroudes.

Gratis raad wat al goed uit probeer is en bewys het dit laat enige huweliksbelofte staan. 

Mevrou Mevrou Valentines Bannes
Jacaranda FM

Mevrou Mevrou is n oorspronklike Afrikaanse potgooi deur Jacaranda FM waarin twee "gesoute" radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met 'n lekker ou stoep kekkel.

Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma's wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens. 

Mevrou Mevrou Generic
Jacaranda FM

In hierdie eksklusiewe reeks vir JacPod, tel Gerda de Sousa en Dianne Broodryk nie hulle woorde nie.

Hulle mag dalk op 'n afstand soos twee normale Mevrouens lyk, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie. 

Luister ook na die vorige episodes van Mevrou Mevrou:

Show's Stories