MUSIEKVIDEO: Janie Bay en Danie Reënwolf se 'Ek Glo Nog In Jou'

MUSIEKVIDEO: Janie Bay en Danie Reënwolf se 'Ek Glo Nog In Jou'

Die video van 'Ek Glo Nog In Jou' is by `n vriendin se huis in Stellenbosch verfilm - kyk dit hieronder.

JANIE BAY SPOEGWOLF
Janie Bay & Danie Reënwolf / Verskaf.

Janie Bay en Danie Reënwolf span hul unieke kragte saam in hierdie nuwe enkelsnit- uitreiking. Beide sangers het `n besonderse gawe om die luisteraar te kan boei met hul gevoelvolle lirieke en stemme. 

LEES OOK: KYK: Janie Bay stel emosionele nuwe enkelsnit 'Jammer' bekend 

Bay wou nog altyd graag saam met Reënwolf werk en het die idee van die liedjie met hom bespreek. 

“Ons het aan die begin van die jaar by `n braai gesels oor die moontlikheid om iets saam te doen, maar met ons skedules en lockdown was ons nie seker of dit hierdie jaar sou kon gebeur nie. Ek het dadelik geweet toe die idee van hierdie lied begin vorm het, dat dit die regte een is om saam met Danie aan te pak," vertel Bay.

Sy voeg by dat dit vir haar `n groot eer was om hierdie liedjie saam met die Spoegwolf-hoofsanger te kon skryf en opneem. 

Reënwolf se gevoel is wedersyds. “Dis vir my net so `n voorreg om saam met Janie te kon werk. Dit was `n lekker song om te kon skryf. Janie het `n ongelooflike talent om van `n eenvoudige lied, iets baie besonders te maak. Dit was baie pret en ek dink ons het nogal iets spesiaal hiermee gedoen.” 

LEES OOK: “I can’t believe I’m alive” – Spoegwolf’s Danie after car accident

Vir die musiekvideo het Bay die treffende konsep self uitgedink en het ook die regie behartig.

“Ek geniet dit, ek is mal oor die film wêreld. Dit was voor die handliggend dat`n eenvoudige storielyn met `n gemaklike, rou emosionele konsep die beste sou kon werk. Vandaar kon ons vinnig reëlings tref en ek dink die video het wonderlik uitgedraai. Dit is presies wat ons wou hê met betrekking tot die gevoel van die liedjie.”

KYK DIE MUSIEKVIDEO HIER:

Show's Stories