KYK: Gewilde '7de Laan'-akteur terug op die kassie na 15 jaar

KYK: Gewilde '7de Laan'-akteur terug op die kassie na 15 jaar

Dié geliefde '7de Laan'-akteur is na 15 jaar weer te sien op die kassie nadat hy 'n rol op 'n gewilde kykNET-program aanvaar het.  

Pedro Camara & Jolene Martin Arendsvlei
Verskaf/ Pedro Camara & Jolene Martin Arendsvlei

Pedro Camara, beter bekend vir sy rol as 'Carlos Perestrelo' in die '7de Laan', is na 15 jaar weer te sien op die kassie. 

LEES: Gewilde kykNET-reeks kom tot 'n einde

Camara, 58, is tans te sien in die gewilde kykNET&Kie program, 'Arendsvlei'.

Volgens Huisgenoot, het Camara die TV-wêreld vir lank vermy.

LEES: Demi Lee Moore sing weer 'By Jou' van Theuns Jordaan

Hy moes eers die moord op sy pa, Abel, in 2007 verwerk. 

Abel is op 29 Desember 2007 in sy Rawsonville-kroeg twee keer in die bors geskiet ná toemaaktyd toe vier gewapende verdagtes ingestorm het. 

Abel is dood en nog 'n man is beseer.

LEES: Karlien van Jaarsveld waarsku oor Facebook-kuberkrakers

Ná die saak het Camara aan die Daily Voice gesê: "Dit bring nie my pa terug nie. Dit was 'n wrede en sinnelose moord... Ek mis my pa verskriklik."

"Die moord is so sinneloos en barbaars... hy was 'n weerlose ou man. Ek is bly die saak het geëindig... dit was hel."

Na sy pa se skielike dood het Camara van die kassie verdwyn om op sy familie te fokus. 

LEES: 'Op My Eish' se Francois Jacobs en sy meisie gesels oor die toekoms

"Die familie het my nodig gehad," het hy aan Huisgenoot genoem. 

Camara vertolk die rol van 'Heinrich' in 'Arendsvlei' - en is verlief op 'Beatrice Abrahams' (Jolene Martin).

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories