"Dis lekker om terug te wees" - Theodore Jantjies oor sy nuwe rol op 'Getroud met Rugby'

"Dis lekker om terug te wees" - Theodore Jantjies oor sy nuwe rol op 'Getroud met Rugby'

'Getroud met Rugby'-aanhangers het vandeesweek ’n opwinende nuwe gesisg op die sepie verwelkom. Ons gesels met Theodore Jantjies oor sy rol op die kykNET-sepie. 

theodore jantjies GMR
Theodore Jantjies op die Getroud met Rugby stel / Verskaf.

Meeste sepiekykers ken Theodore Jantjes as Xander Meintjies op die SABC 2-sepie '7de Laan', maar vanaf hierdie week pak die gesoute akteur 'n splinternuwe sepie-karakter aan.

LEES OOK: Gesoute aktrise Lee-Ann van Rooi binnekort in 'Suidooster'

Jantjies het in September 2019 '7de Laan' verlaat en na 'n nege maande "verlof" is hy terug op stel, hierdie keer by 'Getroud met Rugby', waar hy die rol van Jordan James vertolk. Jacaranda FM het met hom gesels oor sy nuwe rol en hoe die nasionale staat van inperking hy en sy gesin affekteer.

Wat kan ons van jou nuwe karakter, Jordan James verwag? 

"Jordan James is ’n kondisioneringsafrigter van Suid-Afrika, wat vir ’n ruk lank in Nieu-Seeland gewerk het. Hy was al getroud. Hardwerkende jongman met werksetiek soos min. Hy hou daarvan om mense se potensiaal te ontgin en hul te inspireer om hulself altyd te verbeter." 

Wat is jou gunsteling-eienskap van die karakter? 

"Sy natuurlike warmte, omgee-hart en die gemaklikheid wat mense van alle oorde na hom toe aantrek. Hy is glad nie iemand wat oordeel nie en plaas ander se welsyn voor homself."

Hoe voel dit om terug op te stel te wees, en hoe is dit om met die GMR-akteurs en produksiespan te werk?

Yes! Getting back on the bike! Dis baie baie lekker om terug in die studio te wees. Multicam laat nie met hom speel nie, so jy moet voorberei en opdaag met nuanced performances. Ek’t dit gemis." 

"Die GMR-span is ’n hegte en hardwerkende span en produksie waarop ek trots is. Dit is refreshing as jy as akteur presies weet wat in ’n produksie aangaan. Almal gooi hulle gewig in om die produk daagliks te verbeter en dis lekker om deel daarvan te wees. Dankie aan Soné Combrinck en die res van die produksiespan vir die geleentheid. Ek is kinderlik opgewonde."

Hoe het die laaste paar maande jou, en jou familie geaffekteer? 

"Om eerlik te wees, om vir ’n ruk lank nie ’n inkomste te verdien nie, is geen grap nie, maar my vrou Tammy is n YSTERvrou. Ons kon oorleef. Ons is gewoonlik oor naweke by die huis, so die inperking was glad nie vir ons ’n aanpassing nie. Ek braai ’n ding raak en het geen rede vir ’n vuurtjie nodig nie. My vrou binge ’n series flou en ek en my seuntjie speel Halloween-Halloween tot ons aan die slaap raak. Hy is nou 2+ en wil graag rondom maatjies wees, so ek voel vir hom. Ons moet net deurdruk, masker dra en hande was!"

View this post on Instagram

Shap-Shap

A post shared by Theodore Jantjies🇿🇦Actor (@theodore_jantjies) on

Show's Stories