FOTO'S: 'Boer Soek 'n Vrou'-deelnemer trou
Updated | By Jacaranda FM
Ilne Prinsloo, 'n deelnemer aan die gewilde kykNET-reeks 'Boer Soek 'n Vrou' het onlangs die ja-woord gesê. Kyk die fotos hieronder.

Ilne Prinsloo het Sondag 'n foto van haar en haar man, Wianco Blom op haar Instagram-bladsy geplaas en die goeie nuus gedeel.
"Honeymooners. Die Blomme is een meer!" het sy by die foto van hul trouringe geskryf.
LEES OOK: 'Boer Soek 'n Vrou'-deelnemer verloof!
Die aankondiging kom so paar weke na Prinsloo op sosiale media gedeel het dat sy en Blom verloof geraak het.
Prinsloo was deel van die 2019/2020 seisoen van 'Boer Soek 'n Vrou', waar sy die hart van melk- en beesboer, Graham Lombard gewen het. Prinsloo was sedert 'n gunsteling-paartjie onder kykers van die program, maar het vroeg in 2020 bevestig dat hulle paaie geskei het.
Nuwe seisoen
Skakel vanaf Donderdag, 21 Januarie 2021 om 20:00 in vir die nuwe seisoen van 'Boer Soek 'n Vrou' en vind uit of die nuwe boere liefde sal vind. Met die nuwe seisoen verwelkom kykers ook 'n nuwe aanbieder - internasionale model en motiveringsspreker, Marciel Hopkins.
Show's Stories
-
EXCLUSIVE: Vice-President Kamala Harris' close friend shares childhood memories
Close friend of Kamala Harris, the new Vice-President of the United Stat...
The Scenic Drive with Rian an hour ago -
"Secunda, Rustenburg, Standerton worst off when it comes to municipal services"
According to residents of Secunda, Rustenburg, and Standerton, they are ...
The Scenic Drive with Rian 2 hours ago