'Boer Soek 'n Vrou'-deelnemer verloof!

'Boer Soek 'n Vrou'-deelnemer verloof!

Die 'Boer Soek 'n Vrou'-deelnemer, Renette Lotriet is verloof én dolverlief!

Boer Soek 'n Vrou
Facebook/ Renette Lotriet

Een van die vroue wat ingeskryf het vir vanjaar se 'Boer Soek 'n Vrou' seisoen is verloof!

Renette Lotriet, 'n sakevrou van Port Elizabeth, het op haar Facebook-blad aangekondig dat sy verloof is aan Lian du Plessis. 

Lotriet het vroeër op Facebook gedeel dat 'drie maande gelede het sy die grootste geskenk ontvang' van hom.

Lotriet het die verlowingsfoto's met die volgende byskrif gedeel: "Lian du Plessis...met die eerste sonsopkoms van 2020 het jy my die gelukkigste vrou ooit gemaak. Nou weet ek hoekom dit die moeite werd is dat God mens se liefdesverhaal skryf. Dankie Here vir dié ongelooflike blessing. Lief jou met my hele hart."

LEES OOK: 'Ek soek net liefde - ek soek net 'n normale ou' - 'Boer Soek 'n Vrou' se boer Damian

Lotriet het vir die 12de seisoen van 'Boer Soek 'n Vrou' ingeskryf - en het gehoop op liefde toe sy haar brief aan boer Theunis van De Doorns gestuur het. 

Ongelukkig het sy, saam met Marcia die plaas verlaat, nadat Marcia (wat gekies was deur boer Theunis) besluit het sy wil nie langer op die plaas aanbly nie omdat sy onseker is. 

"Baie kykers het gehoop dat Renette en Theunis dalk 'n plan kon maak om weer by mekaar uit te kom," lui 'n inskrywing op kykNET se webwerf oor die verlowing. 

BAIE GELUK RENETTE EN LIAM!

Show's Stories