Gewilde '7de Laan'-ster nou in 'Suidooster' te sien

Gewilde '7de Laan'-ster nou in 'Suidooster' te sien

Dié voormalige '7de Laan'-aktrise was sewe jaar terug in 'n sepie te sien. 

Suidooster
Instagram/ Suidooster

Net toe aanhangers van die kykNET-sepie 'Suidooster' gedink het booswig 'Ian October' kan nooit weer moles in Ruiterbosch veroorsaak nie - nadat dié karakter in Woensdag (20 Maart) se episode gesterf het - is daar weer nuwe onheil op pad!

LEES: Geliefde 'Binnelanders'-aktrise sterf

'Ian October' (Abduraghman Adams) het wel laas in 2019 in die reeks verskyn. 

Adams, wat deel is van Suidooster se oorspronklike rolverdeling, het 'Suidooster' al amper vyf jaar gelede gegroet nadat sy karakter, 'Ian October', in 'n koma opgeëindig het.  

Kykers sal onthou 'Ian October' het 'n beroerte gekry tydens 'n operasie nadat hy ernstig beseer is toe sy vrou, 'Bridgette October' (Denise Newman), hom per ongeluk tydens 'n stryery by 'n stel trappe afgestamp het.  

Die afgelope tyd het 'Ian October' se reeds-bedenklike toestand by die kliniek waar hy behandel is, aansienlik verswak.  

LEES: Ikoon Arnold Vosloo gesels oor sy nuwe reeks 'Plan B'

'Bridgette', wat intussen van Ian geskei is en haar nooiensvan (Jacobs) teruggeneem het, het die kliniek opdrag gegee om die masjiene af te skakel wat hom kunsmatig aan die lewe gehou het.

'Suidooster' se publisteitsbestuurder, Wilmer Müller, onthul dat Ian se afsterwe die begin van ’n nuwe spanningsvolle storielyn propvol "tipiese sepie-drama" is.  

"Die spook van 'Ian October' gaan nou onmiddellik begin loop, en hy gaan vanuit die graf regeer," sê hy. 

"Dit het sommer Donderdagaand afgeskop toe die gesoute sepie-aktrise Melanie du Bois haar verskyning as 'Ian' se skoonsuster, 'Pam October', gemaak het. 

LEES: 'Suidooster' se Marco Spaumer verloof aan bekende radio-omroeper

Melanie du Bois Suidooster
Verskaf/ Suidooster

Volgens Melanie du Bois kom 'Pam October' na Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar 'Suidooster' afspeel, vir "geld en 'n paar drankies".

 "She loves a good party en sy is beslis nie iemand oor wie jy maklik kan loop nie. Sy sal enigiets doen vir geld," sê sy

"Sy hoop ook haar swaer het vir haar iets gelos om te erf... En as dit nie die geval is nie, gaan sy dit beslis by haar kind óf by die hoogdrawende 'Bridgette Jacobs' soek. 

LEES: Mej. SA Amy Kleinhans deel pragtige foto van haar kinders

"Pam is hier om te hustle en sy gaan binnekort 'n skokonthulling maak..." verklap Melanie. 

"Sy vat nie nonsens van kabouters nie. 'Pam' sal enigeen onder die bus gooi – en dit vir geld en lekker tye. Maar wees versigtig wanneer jy swaarde met haar kruis. Sy sal jou uitverkoop of jou verklik."


Melanie du Bois Suidooster 1
Verskaf/ Suidooster
Melanie du Bois Suidooster 2
Verskaf/ Suidooster

'Suidooster' saai Maandae tot Vrydae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET & kie uit.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories